24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Polisie warm op rowers se spoor

© Republikein
DIE polisie was teen druktyd gisteraand warm op die spoor van die stofpadrowers wat Maandagoggend ’n mobiele bank van duisende dollar in kontant op die pad tussen Aminuis en Aranos beroof het.

Volgens die polisie se streekkommissaris vir die Hardapstreek, kommissaris Kobus Meyer, het die polisie reeds ’n deurbraak met die ondersoek gemaak en word inhegtenisnemings vandag nog verwag.

’n Personeellid van Bank Windhoek en ’n sekuriteitswag is tydens die gewapende roof waartydens N$141 320 in kontant gebuit is, vasgebind en langs die pad agtergelaat. Die sekuriteitswag kon daarin slaag om homself los te wikkel en hy het by die naaste plaas gaan hulp soek.