24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

30.01.2012

Onskuldig, maar landdros bly twyfel


Mnr. Antanasius Phakathi
ONDANKS die vryspraak van die vermeende Zimbabwiese bankrower Vrydag in die streekhof, het die landdros teen die einde van haar uitspraak steeds haar bedenkinge uitgespreek oor wat werklik in 2007 by die Standard Bank op Okahandja gebeur het.

“Mnr. Antanasius Phakathi se verduideliking was redelik, maar onder omstandighede wonder ek steeds of die staat sy verpligtinge nagekom het om die skuld van die beskuldigde bo redelike twyfel te bewys,” het landdros Dinnah Usiku tydens haar uitspraak gesê.

“Hy het getuig dat hy nie bewus was dat die persone vir wie hy ’n rygeleentheid aangebied het, ’n bank beroof het nie,” het sy gesê.

Hoewel Phakathi by die motor tussen Okahandja en Ovitoto gevind is, is geen bewyse voor die hof gebring dat hy deel van die bankroof was nie. “Hy het ook nie vir die polisie probeer weghardloop nie.”

In die motor is ’n groot bedrag geld en ’n vuurwapen gevind. Nog geld en ’n rewolwer is ook in die bosse naby die motor gevind.

Hieroor het Phakati getuig dat hy nooit van die vuurwapen in die motor bewus was nie.

Phakathi was die enigste beskuldigde wat tot in die beskuldigdebank gevorder het.

Hy en drie ander beskuldigdes, mnre. Plan Ndebele, Itai Mashamba en Mthulishi Sibanda, sou verskyn op klagte van bankroof nadat meer as N$200 000 in April 2007 by die Standard Bank-tak gesteel is. Ander klagte waarop hulle teregstaan, sluit die besit van vuurwapens sonder ’n lisensie en die besit van ammunisie sonder ’n lisensie in.

Phakathi is kort na die voorval in hegtenis geneem en die ander drie sowat ’n maand later.

Die laaste drie beskuldiges het in dieselfde jaar uit aanhouding ontsnap en Ndebele het kort ná sy ontsnapping in die Okavangorivier by Divundu verdrink. Mashamba en Mthulishi word steeds gesoek.