24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Nog ’n klag teen stadsmag

© Uerikoha Tjijombo
Hilja Nekolo wys die merke op haar lyf nadat sy glo deur konstabel Toivo Shangolo met ’n skokstok gemartel is.
LEDE van die Stadspolisie het na bewering Maandag by hul Wanaheda- kantoor ’n jong man ten aanskoue van sy suster aangerand.

Bernard Lampert (21) is glo deur ene konstabel Kamati en ene konstabel Mokwena van die Stadspolisie aangerand terwyl hy geboei en hulpeloos was.

Vroeër is elders berig dat konstabel Toivo Shangolo van die Stadspolisie agter tralies is nadat hy na bewering op 6 Januarie vir Hilja Nekolo (29) in Havana met ’n elektriese skokstok gemartel het terwyl sy geboei was.
© Uerikoha Tjijombo
Bernard Lampert se opgeswelde hande en merke nadat hy glo deur die Stadspolisie geboei en aangerand is.
Die Lampert-familie wat in Greenwell Matongo woon, het die Stadspolisie ontbied om ’n woordestryd tussen Louta Lampert en Geophrey Louis stop te sit. Bernard het intussen glo met Geophrey handgemeen geraak om sy ma te verdedig. “Ek het toe vir konstabel Mokwena op sy selfoon gebel en hy het vir my gesê hy is met verlof en het vir konstabel Kamati beveel om te kom,” het Kuna Lampert vertel.

Volgens Kuna en Louta het Kamati vir Bernard begin aanval, sy hemp afgeskeur en hom baie styf vasgeboei. “By die kantoor het Kamati en Mokwena, wat kamma met verlof was, my broer lelik aangerand,” voeg Kuna by. Volgens die dokter is die besering aan Bernard se niere tydens die aanranding die rede waarom hy sedertdien bloed urineer.

“Die Namibiese polisiebeamptes aan diens wou nie luister nie en ons moes die nag in die polisieselle van Wanaheda deurbring en ons is nou uit op borgtog van N$500 elk,” sê Kauna. ’n Klag van aanranding (CR:401/01/12) is teen die twee beamptes by die Wanaheda polisiekantoor aanhangig gemaak.

Senior superintendent Gerry Shikesho, adjunkhoof van die Stadspolisie, sê in die verslag wat op sy tafel lê, word beweer dat die klaers hulle teen inhegtenisneming verset en die polisielede gevloek het. “So ’n geval laat die polisie met geen ander opsie as om geweld te gebruik om die persoon in die voertuig te kry nie, en dit is wat hier gebeur het,” sê Shikesho.

“Ons is nie hier om lede van die polisie te verdedig nie. Hardhandigheid is totaal onaanvaarbaar in die Stadspolisie. Lede wat hulle hieraan skuldig maak, moet weet dat hulle die gevolge sal dra,” waarsku hy. Volgens hom is ’n ondersoek aan die gang om vas te stel of die beskuldigde amptenare se weergawe die werklikheid was.