24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

1.02.2012

Moord krap ou wonde oop

© Marlize Rautenbach
Me. Kirsten Schmidt, dogter van wyle mnr. Edward Schmidt, wat in die oggendure van 7 Julie 2000 voor sy huis in Karlienstraat in Khomasdal doodgeskiet is.

DIE raaiselagtige moord verlede week op mnr. Carlos van Neel het ou wonde van rou emosie by inwoners van Karlienstraat in Khomasdal oopgekrap.

“My pa is op dieselfde manier vermoor en my vrees is dat die Namibiese polisie hierdie saak soos dié van my pa sal hanteer,” sê me. Kirsten Schmidt, dogter van wyle mnr. Edward Schmidt wat in die oggendure van 7 Julie 2000 voor sy huis in die einste Karlienstraat doodgeskiet is. Schmidt was 21 jaar oud toe haar pa vermoor is.

Die polisie se laaste besoek aan die Schmidt familiewoning was in 2002, net om uit te vind of die familie enige verdere leidrade kan bied, vertel sy. “Waar is die polisie in hierdie saak en hoekom is hulle so stil? Dit is nou al 12 jaar en ons hoor steeds niks van die polisie se kant oor die moord op my pa nie,” wonder Schmidt.

“Die moordenaars is tot vandag toe nog nie vasgetrek nie en nou verloor nog ’n ander familie in dieselfde straat hul broodwinner op dieselfde manier en op dieselfde tyd (van die oggend).” Volgens haar is daar te veel ooreenkomste tussen die twee moorde.

Mnr. Schmidt is glo met ’n vuurwapen van onbekende oorsprong van voor doodgeskiet.

Republikein se susterskoerant die Namibian Sun het verlede week met mnr. Graham Dyason (60) gepraat wat reeds 32 jaar in Karlienstraat woon. Tot vandag toe weet hy ook nie wie hom sowat tien jaar gelede tydens ’n gewapende rooftog geskiet het nie.