24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

Minister praat streng met veldmag

© Niël Terblanché
Die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, dr. Nickey Iyambo, spreek lede van die Spesiale Veldmag by hul hoofkwartier in Windhoek toe. Die Minister het hierdie afdeling van die polisie die opdrag gegee om die veiligheid van alle Namibiërs en besoekers aan die land tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te verseker.

MET die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika net om die draai en ’n verwagte instroming van besoekers, sal die Namibiese polisie se waaksaamheid verskerp moet word om te verseker dat ’n misdaadgolf nie die streek oorspoel nie.

In die opsig het die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, dr. Nickey Iyambo, ’n duidelike opdrag aan lede van die Spesiale Veldmag gegee om die grense van die land met valkoë te bewaak. Lede van die afdeling van die polisie het verlede week ’n kursus op Ondangwa in die opsig voltooi.

Tydens ’n besoek aan die hoofkwartier van die Spesiale Veldmag in Windhoek het dr. Iyambo gesê hoewel die meeste van die besoekers na Suid-Afrika sal reis om die toernooi by te woon, sal sekere elemente met ’n heel ander doel saam met hulle oor die landsgrense stroom.

“Dit is veral belangrik om te besef dat Angola, Zimbabwe, Botswana en Zambië saam met Namibië tot die stryd gaan toetree om die verwagte vloedgolf misdadigers te keer. In die opsig moet die nouste samewerking met die polisiemagte van daardie lande bewerkstellig word om te verseker dat elke inwoner en besoeker aan Namibië so veilig moontlik sal wees. Geen steen mag onaangeraak gelaat word om te verseker dat die doel bereik word.”

Dr. Iyambo het onderneem om die werksomstandighede van elke lid van die Namibiese polisie te verbeter. Hy het genoem dat met projekte begin is om beter behuising aan lede van die polisie te verskaf.

Minister Iyambo het ook ’n besoek aan die veldmag se basis buite die hoofstad gebring om hom te vergewis van die omstandighede waarin die veldmaglede woon.