24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.09.2010

Miljoene dollar se diamante skoonveld


Mnr. Kennedy Hamutenya
DIE diefstal van meer as N$19 miljoen se diamante uit die Namgem diamantslypaanleg op Okahandja is in geheimsinnigheid gehul.

Die voorsitter van die Namgem direksie en die diamantkommissaris van die Ministerie van Myne en Energie, mnr. Kennedy Hamutenya, het gesê toe die werknemers van die aanleg Maandagoggend by die werk opdaag, het hulle gesien die kluis waarin die geslypte produk en die ongeslypte diamante gehou word, is leeg. Daar was egter geen teken van ’n inbraak nie.

“Geslypte diamante met ’n geskatte waarde van N$18,15 miljoen en 1 000 karaat of ’n duisend ongeslypte diamante het ook uit die kluis verdwyn. Die inligting oor die ongeslypte diamante is baie skraps en ek is nie seker oor die waarde daarvan nie.”

Mnr. Hamutenya het die rooftog as baie ernstig en onrusbarend beskryf. In die tussentyd wag Namdeb en die Ministerie van Myne op hete kole vir inligting oor hoe die rooftog uitgevoer is.

Die polisie se beskermde hulpbroneenheid tesame met ondersoekspanne van Namdeb en De Beers Marine Namibia het onmiddellik met die ondersoek begin en volgens mnr. Hamutenya werk hulle onverpoosd om die misdaad te probeer oplos.

Hy het genoem dat die ondersoek na die rooftog voortgaan sonder dat die slypaanleg se produksie beïnvloed word. Namgem was een van die eerste slypaanlegte wat onder ’n nuwe ooreenkoms met die Regering en met ’n spesiale lisensie om Namibiese diamante te veredel, geopen is. Dit was voor die rooftog die juweel in die kroon van die Namibiese diamantbedryf.

Die diefstal hou volgens mnr. Hamutenya nie verband met die kragonderbrekings wat die afgelope twee dae op Okahandja ondervind is nie.