Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

Man gesoek, N$1 000 beloning


Mnr. Daniël Dashipanda
’n BELONING van N$1 000 is uitgeloof vir enigiemand wat kan help met die opsporing van mnr. Daniël Deshipanda wat op Walvisbaai met ’n groot bedrag kontant verdwyn het.

Mnr. Johan Swanepoel, eienaar van Chicken City op die hawedorp, het gesê hy het mnr. Dashipanda Maandag soos elke ander dag die afgelope jaar met die inkomste van die wegneemete- restaurant na die bank gestuur sodat dit gedeponeer kan word.

“Die man was in ’n vertrouensposisie by die onderneming en skielik verdwyn hy met die geld. Hy het N$35 000 in kontant by hom gehad om te gaan bank en nou is hy skoonveld.”

Mnr. Swanpoel sê hy het reeds ’n saak van diefstal by die polisie op Walvisbaai aanhangig gemaak. Hy het sy werknemer beskryf en gesê hy is Oshiwambo-sprekend, 1,9 meter lank en taamlik donker van gelaat.

Enigiemand wat weet waar mnr. Dashipanda hom mag bevind, word versoek om met die naaste polisiekantoor of met mnr. Swanepoel by Chicken City op Walvisbaai in verbinding te tree.