24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.07.2010

Hoërskoolmeisie dood ná wrede aanval

’n TIENERJARIGE hoërskoolmeisie is net voor die middag dood ná sy vanoggend naby die Sekondêre Skool Dawid Bezuidenhout in Khomasdal wreed aangeval is.

Na wat verneem word, is Magdalena Stoffels (graad 11) verkrag en met ‘n gebreekte bottel gesteek. Sy is na die Katutura hospitaal geneem, maar sy het aan haar wonde beswyk.

Die verdagte in die wrede voorval is in hegtenis geneem en daarna ook na die Katutura hospitaal geneem vir behandeling.

’n Luidrugtige en woedende groep inwoners van die gebied het kort na die nuus van die voorval rugbaar geword het, by die hospitaal saamgedrom. Hulle het geprotesteer oor die voorval en die klaarblyklike voorkeurbehandeling wat die verdagte ontvang het.

Estelle de Bruyn was op die toneel en het dié video opname gemaak.