24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.09.2010

Grypdiewe in stad gevang

© Niël Terblanché
’n Grypdief verduidelik aan die adjunkhoof van die Windhoekse stadspolisie, mnr. Johan Kellerman, dat hy eintlik onskuldig is nadat hy op heterdaad betrap is terwyl hy ’n skootrekenaar uit ’n voertuig wou steel.

TWEE grypdiewe wat glo reeds vir ’n geruime tyd ’n skrikbewind in die sentrale sakegebied van Windhoek voer, is op heter daad betrap en in hegtenis geneem.

Wakker optrede van die Windhoekse stadspolisie het toegesien dat die twee mans Vrydagmiddag hul rieme styf geloop het toe hulle ’n skootrekenaar uit ’n bakkie wou steel wat by ’n verkeerslig op die kruising van Mandume Ndemufayo- en Fidel Castrostraat stilgehou het.

Die adjunkhoof van die stads mnr. Johan Kellerman, het gesê een dief lok die aandag van die voertuigbestuurder deur ’n vraag te vra of aan die persoon te sê dat een van sy voertuig se wiele pap is.

Terwyl die bestuurder se aandag afgetrek is, gryp sy makker handsakke of ander waardevolle items van die passasiersitplek af en verdwyn daarmee. In Vrydag se voorval het een van die grypdiewe die bestuurder van die bakkie gevra om vir hom te verduidelik waar ’n sekere gebou in die stad is.

Die man het ’n kaart van Windhoek by hom gehad. Terwyl die vrou wat die bakkie bestuur het aan hom probeer verduidelik waar die gebou is, het die grypdief se makker ’n skootrekenaar deur ’n oop venster gegryp en begin weghardloop.

Volgens mnr. Kellerman was die stadspolisie in die omgewing besig met ’n ander misdaadvoorkomingsoperasie toe hulle die voorval sien en onmiddellik optree.

Die twee mans is in boeie geslaan en na die polisiekantoor geneem waar formele klagte teen hulle aanhangig gemaak is. Een van die diewe het op die toneel gesê dit is nie eerste keer dat hy deur die stadspolisie vir soortgelyke misdade gevang is nie.