24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.03.2010

Gruvonds het Rehoboth in rep en roer

HERINNERINGE aan die swartste hoofstuk van misdaad in Namibië is weer opgediep met die gruvonds van ‘n menseskedel, hand en voorarm op die plaas Augas, 40 km oos van Rehoboth.

‘n Forensiese ondersoek sal nou moet bepaal hoe oud die ledemate is en van watter geslag die gebeendere is wat verlede week op die plaas gevind is waar mnr. Stoffel Bezuidenhoudt ‘n huurboer is. Die plaashonde by die opstal was die draers van die slegte tyding toe hulle met die ontbinde voorarm van ‘n mens by die plaashuis opgedaag het. Die naam van die Khomas Ripper van ‘n paar jaar gelede is op die lippe van elke inwoner van Rehoboth, terwyl die dorp se polisie besig is om die plaas te fynkam vir moontlik nog dele van die oorskot.

Speursersant Petrus Husselman van die Rehoboth-polisie het gister die gebeure rakende die ontdekking van die liggaamsdele aan Republikein beskryf.

“Van die plaaswerkers van Augas het tydens ‘n staptog op die kopbeen van ‘n mens afgekom wat oop en bloot in die veld gelê het. Hulle het dit dadelik telefonies aan die polisie gerapporteer en ons het uitgejaag na die plaas om verdere ondersoek in te stel. In die daaropvolgende speurtog was die honde die snuffelaars van ‘n gedeelte van die geheim toe hulle met ‘n versplinterde voorarm en hand aangehardloop gekom het. Ons het toe die kloutjie by die oor probeer bring nadat ek en adjudant-speurofisier Richard Goagoseb die honde agtervolg het op hul volgende tog en op die hand van ‘n mens afgekom wat hulle vir ons uitgewys het.”

Hy het gesê die liggaamsdele waarop afgekom is, blyk nie baie oud te wees nie.

“Net ‘n forensiese ondersoek en DNA-toetse sal kan bepaal wat hier gebeur het. Ek is hoegenaamd nie ‘n deskundige op hierdie gebied nie, maar ek sou skat hierdie mens het waarskynlik taamlik onlangs gesterf."