Instelling en onafhanklikheid
1. Daar moet ’n Ombudsman wees, wat die bevoegdhede en werksaamhede moet hê wat in hierdie Grondwet uiteengesit is.
2. Die Ombudsman moet onafhanklik wees en slegs onderworpe wees aan hierdie Grondwet en die wet.
3. Geen lid van die Kabinet of die wetgewende gesag of enige ander persoon mag inmeng met die Ombudsman in die uitvoering van sy ofhaar werksaamhede nie, en alle organe van die staat moet sodanige bystand verleen as wat nodig mag wees vir die beskerming van die onafhanklikheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Ombudsman.
4. Die Ombudsman moet óf ’n regter van Namibië óf iemand in besit van ’n regskwalifikasie wees wat hom of haar die reg gee om in alle howe van Namibië te praktiseer.