24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Meer soek skuiling by Oshoopala-kamp

ALTESAAM 506 vloedgeteisterdes het gister nog skuiling by die Oshoopala-vloedkamp by Oshakati gesoek nadat swaar reënbuie wat die naweek begin het, heelwat huishoudings onder water gelaat het.

Teen Saterdag was 18 tente opgerig en werkers van die Rooikruisvereniging moes spook om skuiling aan die 50 huisgesinne te bied.

Die getalle het byna verdriedubbel en volgens statistiek wat gister bekendgemaak is, het 155 huishoudings tans in 43 tente tydelike skuiling gevind.

Die woordvoerder van die Rooikruisvereniging, me. Saara Iipinge, het gister gesê dat hulle op hierdie oomblik genoeg voorraad het om na die slagoffers om te sien, maar sy kon egter nie vasstel hoeveel meer mense nog hanteer kan word nie.

“In hierdie stadium probeer ons ons bes om die nodige verligting te bring. Die voorraad is egter beperk,” het sy gesê.

Die weerkantoor het voorspel dat reënbuie in die noordooste nog vir die res vir die week verwag kan word.