Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

20.11.2008

Meer navorsing oor strandwolwe bekend


’n Strandwol wat deur die Strandwolf Navorsingsprojek gemonitor word.
DIE grootste uitdaging vanjaar vir die Strandwolf Navorsingsprojek se span was om strandwolwe te vang sodat nekbande met ’n satellietopsporingstelsel aan die diere vasgemaak kan word, sê dr. Ingrid Wiesel, ’n lid van die projek. “Ons het vier maande in die veld spandeer en net een strandwolf gevang.”

Dis nie omdat daar vanjaar ’n tekort aan strandwolwe is nie, maar die grootste struikelblok was die uitermatige weertoestande wat die span moes verduur, vertel sy. Dikwels moes die span kamp opbreek as gevolg van reën of die swaar mis wat hul tyd in die veld beperk en dus ook die kanse om strandwolwe te vang, verminder het.

“’n Mens kan dié uitdaging nie oorkom nie, die enigste oplossing is om nie moed op te gee nie en om meer veldwerk te doen.” Nogtans sê dr. Wiesel daar was heelwat hoogtepunte vanjaar. Drie nekbande is die afgelope 12 maande gevind. Twee van die nekbande was aan wyfies in hul soogtyd en die ander aan ’n mannetjie wat aan ouderdom gesterf het.

Die data wat van die twee wyfies se nekbande gekry is, het uiters gedetailleerde inligting van die strandwolwe se lêplek-gewoontes verskaf. Wanneer die welpies jonk is (3 tot 6 maande), besoek die wyfie hulle bykans daagliks en spandeer tussen 14 tot 16 ure per dag naby die lêplek. Wanneer hulle egter ouer begin word (7 tot 15 maande) verminder die wyfie haar daaglikse besoeke en gaan net elke tweede of derde dag na die lêplek.

Sy sal dan tussen twee tot agt ure daar naby spandeer. In die tydperk sal die wyfie tot 35 km reis om kos te vind, sê dr. Wiesel. Volgens haar het die span geweet dat een van die wyfies in haar soogtyd is toe die wyfies se nekbande aangesit is. Die ander wyfie het egter eers nadat ’n nekband vir haar aangesit is geboorte aan die welpies gegee, maar dit het die presiese ligging van haar lêplek aangedui, hoe gereeld sy haar welpies geskuif het en hoeveel tyd sy by hulle deurgebring het.

“Die inligting maak dit vir ons moontlik om dié strandwolfgroep in die toekoms te monitor, aangesien ons die nuut ontdekte lêplekke vir aktiwiteit kan monitor.” Dr. Wiesel sê ’n laagtepunt vir haar vanjaar was toe twee strandwolwe op die pad tussen Lüderitz en Aus dood is.

Beide strandwolwe was nog jonk – een was maar ses maande oud en die ander omtrent twee en ’n half jaar. Tans is daar drie strandwolwe wat nekbande met satellietopsporingstelsels het. Twee het VHF nekbande en die ander een het ’n telemetriese nekband. Daar is ook 12 telemetriese nekbande vir elf strandwolwe en een vir ’n gespikkelde hiëna beskikbaar.