24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.09.2009

MAG wens almal sterkte toe


Mnr. Jurie Viljoen van MAG het die volgende verklaring uitgereik.

“Monitor Aksie Groep wil graag sy dank uitspreek teenoor die koerante wat bereid is om spesiale dekking tydens die verkiesing te gee.

“Ek dink ons moet hierdie geleentheid met verantwoordelikheid benut en wat ons skryf, moet op die feitelike berus en dat ons ook in hierdie veldtog respek vir mekaar se standpunte sal hê.

“Dit is verkiesingstyd en ’n mens kan nou enige iets verwag tot op die moment wat die kruisie getrek word.

“Sommige van die verklarings en uitsprake is amusant en Monitor Aksie Groep gun elke party die reg om voluit te gaan.

“Dit is egter ’n vergesogte stelling as een party aanspraak maak op die steun van sekere groepe en beweer dat hierdie groep hom nou by ’n sekere party skaar omdat hulle wegbeweeg het van ’n ander party.

“Ons dink mos almal vir ons self.

“Ek verwys na ’n verklaring van die DTA dat die blankes hulle nou agter hierdie party skaar. Ek gun hulle die steun wat hulle ontvang, maar wil net wonder hoekom hierdie steun nie deur die jare saak gemaak het nie.

“In die notule van die Nasionale Vergadering (Hansard) van 9 Oktober 2007, het die leier van die DTA teen hierdie selfde groep te velde getrek deur te vra: ‘Who owns all the businesses in Independance Avenue... and 90% of all the conmmercial farm land... all the mines... all the car dealers... the lodges and who buys livestock on the auctions.’

“As dit waar is, dan is dit so, maar waarom word die wittes se steun dan so hoog gespeel as hulle dan die moeilikheid in die land veroorsaak.

“Ons wil graag alle party sukses toewens met die komende verkiesing.”