24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

15.10.2009

MAG registreer by ECN


Kosie Pretorius skryf:

Namens die Dagbestuur van Monitor Aksiegroep, wil ek graag bekend maak dat die party op Dinsdag, 13 Oktober 2009, al die betrokke dokumente ingehandig het by die Verkiesingskommissie. Dit maak dus vir Monitor Aksiegroep die eerste party om te registreer vir die komende verkiesing.

Monitor Aksiegroep stel nie ’n eie Presidensiële kandidaat nie, maar wil kiesers ernstig versoek om nie buite stemming te bly nie, maar te stem vir die kandidaat van hulle keuse.

Teen alle teenstand in, veg Monitor Aksiegroep egter hard vir ’n platform in die Nasionale Vergadering.

Die Dagbestuur wil ook sy teleurstelling uitspreek vir die volgehoue haatspraak van senior SWAPO-party sprekers teen Blankes. Meer in besonder die jongste geval waar Minister Jerry Ekandjo volgens die Republikein van 13 Oktober 2009 sou gesê het:

“Enige witmens wat arm is, is ’n lafaard.” Hy het die Oshivambowoord “evaya” gebruik wat beteken iemand wat nie respek verdien nie.

Die Dagbestuur van Monitor Aksiegroep beskou dit as onsensitief, beledigend en in direkte stryd met die wet teen haatspraak, naamlik Wet nr. 26 van 1998.

Ironies genoeg is dit ook direk teenstrydig met die SWAPO-party se kunsmatige pogings om blanke stem te werf. Vir watter rede sou hulle net ryk blankes werf?