24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

12.10.2009

MAG beywer hom vir regverdige befondsing


OP sy onlangse jaarvergadering het Monitor Aksiegroep oor die formule vir staatsbefondsing aan politieke partye besluit dat alvorens ’n balans nie bereik word nie, dit ’n bykans onmoontlike taak is om deelnemende en kompeterende demokrasie in Namibië te bereik, met die kultuur van “die een met die mag is altyd reg” as die land se onvermydelike lot.

Die party se oortuiging is dus verklaar dat Namibië se verkiesings sedert 1989 “free” was, maar definitief nie “fair” nie.

Die volledige besluit lees soos volg:

“... daar is kennis geneem van die volgende:

1. Dat die Voorsitter van Monitor Aksiegroep, mnr. Kosie Pretorius, reeds in die jaar 2000 ’n voorstel ingedien het by die Nasionale Vergadering se “Standing Committee of Standing Rules and Internal Arrangements”.

2. Dat hierdie voorstel behels het dat die partybefondsing deur die staat gebaseer sou word op ’n vaste persentasie wat gelykop verdeel sou word onder die politieke partye, terwyl die res op ’n proporsionele grondslag verdeel sou word onder die politieke partye op grond van die aantal setels wat hulle in die Parlement het.

3. Dat hierdie voorstel deur die Swapo-partylede van die Vaste Komitee verwerp is “with the contempt it deserves”.

4. Dat mnr. Kosie Pretorius vir tien jaar lank (wat bewys word deur ’n dik pak dokumentasie), elke moontlike strategie gebruik het om begrip te skep vir hierdie probleem en blatante diskriminerende wanverhouding.

5. Dat selfs vertoë aan die Ombudsman en die Teenkorrupsie Kommissie bewys het dat die Parlement homself deur wetgewing gevrywaar het teen enige optrede of “checks and balances”, en

6. Gevolglik besluit dat alvorens die balans nie herstel is nie, dit ’n bykans onmoontlike taak is om deelnemende en kompeterende demokrasie in Namibië te bereik, met die onvermydelike kultuur van “mag is reg”, as die land se uiteindelike lot, en dit as ons oortuiging verklaar dat daar geredeneer mag word dat Namibië se verkiesings tot dusver “free”was, maar is definitief nie “fair” nie.”