24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.08.2010

Ma vergewe

© Republikein
Me. Magrieta Ihuhua troos Namibië.

MEDIAGESKIEDENIS is kort voor die eerste roudiens vir die vermoorde Magdalena Stoffels gemaak toe haar moeder haar hart op www.republikein.com.na teenoor DMH se FutureMedia-span uitgestort het.

Die moeder van wyle Magdalena Stoffels, me. Magrieta Ihuhua, het gisteraand kort voor die amptelike roudiens in ‘n demonstrasie van dapperheid en verootmoediging ekslusief deur www.republikein.com.na ʼn nasionale oproep tot kalmte, vergifnis en Namibiese selfondersoek gedoen het.
© Republikein
Klik op die foto om te vergroot en die teks in sy geheel te lees.
Theo Gurirab van Republikein en Johan Jooste van DMH se FutureMedia-span het saam met die groeiende groep roubeklaers getuies geword van ʼn aangrypende dapperheid en nederige geloof toe die moeder saam met haar man Victor by hul woning in Khomasdal gevra het dat die gebede en simpatie ook met die familie van die moordenaar in die tragedie betoon word.

“Hierdie ding het met ‘n doel gebeur. Die Here het seker ‘n plan met Namibië – met moeders en vaders. Miskien is vaders nie baie betrokke by hul seuns nie.

“Ek koester geen wraak teenoor die moordenaar nie. Ek het hom op die dag van die moord vergewe en bid dat die Here hom en die hele land sal aanraak in herinnering aan my dogter wat ʼn voorbeeld was en nooit sleg van iemand gepraat het nie. Sy sou dit ook nie wou hê nie,” was die boodskap van ʼn hartseer moeder terwyl trane oor haar wange gestroom het.

Die aangrypende videogreep op www.republikein.com.na vang ook die handgeskrewe vas wat die vader aan Republikein se span vir publikasie aan die Namibiese gemeenskap oorhandig het om vandag as boodskap aan die gemeenskap oorgedra te word wat die afgelope dae nog steier oor die skokkende moord op sy dogter Magdalena wie se dood tot die persoonlike ingryping onder aanvoering van die Vader van die Nasie, oudpres. Sam Nujoma, tydens ‘n ontbossingsoperasie in ‘n rivierloop gelei het.

Me. Ihuhua het in die onderhoud gesê dat niemand volmaak is nie.

“Niemand weet wat gebeur het nie. Hy het nie beplan om my kind dood te maak nie.

Hy het nie geweet dit is sy wat gaan verbykom nie. Ek voel nie wraak teenoor hom of sy familie nie.

“Ek wens die Here sal hom aanraak en die gemeenskap moet vir mense bid wat sulke dade doen. Ons kan nie kwaad met kwaad vergeld nie. Dan sal hierdie wêreld nie bestaan nie.”

Sy het begrip met die vermeende moordenaar se moeder uitgespreek: “Sy moeder voel seker soos ek. Sy het nie gesê gaan doen so ‘n daad nie.”
Me. Ihuhua het die gemeenskap gesmeek om genade te betoon. “Omdat ek die Here ken, het ek hom klaar op die dag vergewe. As ek hom nie vergewe het nie, sou ek hom die dag iets aangedoen het. Maar ek kan die pyn op ‘n manier dra. Die Here het ‘n doel hiermee. Ek kan nie die man die beste toewens nie, maar ek kan vra dat die Here hom sal aanraak.”

Volgens die hartseer moeder was Magdalena altyd positief. “My kind was vredeliewend, dierbares en daaroor het ek nie wraakgedagtes nie. Dit was die Here se plan, hy weet.

Miskien sal die Here hom spaar en gebruik.

“Ek weet nie. Ek weet nie dierbares.

“Ek het niks teen hom nie. My hartseer is met die Here. Wie is ek nou om te sê maak hom dood,” het me. Ihuhua snikkend gesê.

Die begrafnisdiens begin môre om 08:00 by die gesin se huis in Elizabethstraat, Khomasdal waarna roubeklaers na die Hoërskool Dawid Bezuidenhout beweeg vir die amptelike diens voordat Magdalena in die Khomasdal begraafplaas ter ruste gelê word.

Hoofredaksie