
Salina City Motor Spares by Ondangwa het verlede week 'n tjek van N$10 000 aan Swapo se streekkantoor op Oshikoto oorhandig. Die geld sal gebruik word vir logistieke steun aan party se verkiesingsagente in die streek. Hier oorhandig Salina City se mnr. Martin Sheya (tweede van links) die tjek aan mnr. Quito Mulunga van Swapo se streekkantoor, terwyl plaaslike sakelui Gideon Ivale, Sigo Amunyela, Simasiku, Joseph Kapembe, Eddy Kapembe, Thomas Matsi, Sackey Ekandjo, Selma Namuhwiya, P. Shihungileni en Vilho Shikoha toekyk.