Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


3 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.07.2009

Legendariese veeboer groet


Mnr. Borstlap word oorleef deur sewe kinders, 18 kleinkinders en 15 agterkleinkinders.
’n BAANBREKER in moderne veeboerderytegnieke, mnr. Rehuel Borstlap wat vroeër in die Otjiwarongo- omgewing gewoon het, is gister na ’n kort siekbed op Jagersfontein in die Suid-Vrystaat oorlede.

Mnr. Borstlap was vir 26 jaar by navorsing by die Omatjennenavorsingstasie tussen Otjiwarongo en Outjo betrokke.

In die tyd was hy onder meer gemoeid met ’n 15 jaar navorsingsprojek om die optimale drakrag van veld in die omgewing te bepaal.

Hy het wêreldbekendheid verwerf toe hy in die sestigerjare die Wêrelddiereproduksiekongres in Amerika toegespreek het oor die vergelykende studie van die groeipotensiaal, slaggewigte, karkasmates en ekonomiese waardes van tien verskillende beesrasse op die Omatjenne-navorsingstasie.

Simmentaler- en Santa Gertrudis- telers sal hom onthou as ’n uitstaande kenner van die rasse. Hy was ook die senior beoordelaar van twee wêreldkampioenskappe vir die Simmentaler-beesras wat in Duitsland en Bloemfontein gehou is.

Damara-skaaptelers het die opstel van rasstandaarde vir die ras grootliks aan hom te danke.

Hy was, so ver bekend, die eerste mens om foto’s van die Damaraskaapras in Damaraland vir navorsingdoeleindes te neem.