24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Laaste plase vandag oop

Beesdiefstal-sindikaat

DIE laaste van die twintig plase wat op versoek van die polisie deur die direktoraat veeartsenydienste gesluit is ter wille van die ondersoek na die doen en late van die vermeende beesdiefstal-sindikaat wat in die Otjozondjupa-streek bedrywig was, gaan vandag oopgestel word.

Dit sluit die plase in wat aan die bekende beesspekulant van Grootfontein, mnr. Seef Oosthuizen, behoort of wat deur hom gehuur word. Die plase van ’n ander bekende beesspekulant, mnr. Hottie Giersch, is vroeër reeds oopgestel. Die oopmaak van die laaste van die twintig gesluite plase volg nadat die polisie oor die naweek grootliks sy ondersoek na die werksaamhede van die sindikaat afgehandel het.

Intussen is gister verneem dat anders as wat Donderdag verwag was, geen verdere inhegtenisnemings die naweek gedoen is nie. Die sindikaat se doppie is vier weke gelede geklink toe ’n vragmotor met 32 gesteelde slagosse wat vanaf Okahandja na Grootfontein op pad was, in die nag deur die polisie naby die Waterberg voorgekeer is.

Die beeste is op mnr. Konrad Traeger se plaas naby Okahandja gesteel en sou na bewering na die plaas Rooiwal van mnr. Joseph Hiarunguru geneem word om nuwe oorplaatjies en brandmerke te kry voordat dit op veilings van die hand gesit sou word.

Mnr. Hiarunguru is kort daarna saam met ses ander mans op klagte van veediefstal in hegtenis geneem. Hulle sal weer op 30 Maart in die hof verskyn. Volgens ’n ingeligte bron kan die polisie se ondersoek na die Sparta- voerkraal in die Vrystaat uitgebrei word. Die vermoede is dat van die gesteelde beeste nadat dit plaaslik op veilings verkoop is, daarheen geneem is om geslag te word.