Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.02.2010

Laaste Omeya-wenner

© Republikein
Me. Eva Barth van Leather Chic in Windhoek is die negende en laaste sms-finalis in die Omeya-kompetisie wat om 16:00 gister ten einde geloop het.

Sy is werklik bly oor die aankondiging en het gesê sy het en haar man het al begin kyk na ’n plekkie buite die stad waar hulle in die natuur vreedsaam kan woon toe die nuus gister gebring is. Sy het haar sms op 26 Januarie om 10:11 gestuur, maar dit was maar een van vele.

Môre word die tiende finalis deur die direkteure van die Omeya-ontwikkeling uit die voornemende kopers wat vroeg vir Saterdag se erweveiling geregistreer het gekies en bekend gemaak.

Die tien finaliste kom tydens die veiling in aanmerking om erf 180 in die landgoedontwikkeling te wen. Die waarde van die erf is N$305 000.

Deur vroeg vir die veiling Saterdag te registreer, kom kopers steeds in aanmerking om ’n N$50 000 koopkoepon te kry wat van die koopsom van die erf waarvoor hulle suksesvol bie, afgetrek sal word.

Net 215 erwe word tydens die veiling te koop aangebied. Meer besonderhede oor Omeya is by Marisa (telefoonnommer 061 400 848) beskikbaar.