24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Kultuurdorpie open buite Okahandja


Die Okahandja kultuurdorpie is 10 km noord van Okahandja by die aansluiting van die B1- en die Hochfeldpad geleë.

KULTURELE toerisme is ’n nuwe konsep wat deur die Regering en die toerismebedryf voorgestel is, maar die implementering daarvan is nie na wense nie, omdat baie mense in die bedryf dit nie ten volle in werking kan stel nie.

Dit is die mening van die Minister van die Omgewing en Toerisme, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, tydens die amptelike opening van die Okahandja kultuurdorpie die naweek.

“Hierdie inisiatief was ’n onmiddellike reaksie op my versoek vir die bevordering van kulturele toerisme in Namibië,” lui Nandi-Ndaitwah se toespraak wat in haar afwesigheid deur me. Erica Akwenye, ondersekretaris in die Ministerie, voorgelees is.

“Baie lande het toerisme as ’n belangrike en ekonomiese sektor geïdentifiseer en hulle is druk besig om nuwe en unieke produkte in die toerismebedryf in te bring om dit te bevorder. Hoewel kulture in Afrika nie baie van mekaar verskil nie, moet ’n mens in staat wees om die uniekheid daarvan te identifiseer en dit tot die maksimum gebruik om nasionale en internasionale toeriste te lok,” het die Minister beklemtoon.

Minister Kazenambo Kazenambo van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, wat ook die seremonie bygewoon het, het almal aangemoedig om kultuur vanuit ’n ekonomiese oogpunt te bekyk.

Die Okahandja kultuurdorpie is deur me. Bertha Mbundu op die been gebring met die doel om kultuur en tradisie te bevorder, te behou en die publiek meer daarvan te leer. “Ek het aan die idee begin dink terwyl ek toerisme in die VSA gestudeer het,” het Mbundu aan Republikein gesê.