Kroasië nuwe EU-lidstaat

?Kroasië sal in Julie vanjaar as die nuutste lidstaat van die Europese Unie (EU) verwelkom word, wat die getal op 28 Europese lande te staan sal bring.?

So het ambassadeur Raúl Milani, hoof van die EU-afvaardiging in Namibië, tydens die viering van Europadag gesê.

Woensdag was die 62ste keer wat dié dag gevier is. ?Die waardes van vrede, vryheid, voorspoed en samewerking word vandag herdenk. Die waardes is ook deel van Europese integrasie,? het hy gesê.

Volgens Milani is lidstate die ruggraat van die EU. ?Lidstate is die bron van finansiële en politieke maatstawwe. Ons werk in Namibië toon dat ons saam meer werd is as die som van elkeen van ons as individu.?

Die konsep van wat vandag as die EU bekend staan, is vir die eerste keer op 9 Mei 1950 in Parys deur die destydse Franse minister van buitelandse sake, mnr. Robert Schuman, voorgelê.

?In die verklaring het Schuman ?n beroep op Frankryk, Duitsland en ander lande gedoen om die produksie van steenkool en staal ? die basis van militêre mag ? van die onderskeie lande saam te voeg, met die hoop dat oorlog nie weer sou uitbreek nie,? het Milani gesê.

Ter afsluiting het hy gesê dat die EU sal voortgaan om wêreldwyd aktief te wees. ?Internasionale aktiwiteite kan as grondslag dien vir ons ekonomiese herstel.?

In Brussel is geskiedenis op Europadag gemaak toe die eerste direkte, transnasionale en digitale werktuig vir formele burgerlike deelname in werking getree het.

Volgens ?n berig op euobserver. com, is dit in beginsel ?n aard van sagte demokrasie op sy beste: die reg van meer as 350 miljoen mense oral in Europa wat kragte saamsnoer om die sogenaamde ?agenda vir die Unie op te stel?.