Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


3 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

23.06.2009

Koud, kouer, bibberste...


Republikein se Suiderland-span het hulle gister in die middel van die koue front bevind tydens hul besoek aan Rosh Pinah. Volgens Jan Poolman het dit die hele dag deur gereën en was dit ysig koud.

Koud, kouer, koudste. Dit is letterlik hoe die dag gister op Aus verloop het.

Die maksimum temperatuur wat gister om 10:42 daar aangeteken is, is 7 grade Celsius.

Teen 12:00 het dit katte en honde gereën en die gepaardgaande wind het die temperatuur tot 5,7 grade afgedwing. Die reenbui het eers laat die middag opgeklaar.

Teen ongeveer 17:00 het 16 mm uitgesak en die temperatuur was ‘n skrale 5,5 grade.

Mnr. Jens Viëtor, eienaar van Namibia Weather Network, het gister ook laat weet dat reën by Sossusvlei en Bethesda in die Suide uitgesak het.

Volgens die weerkantoor sal die koue toestande vandag tot in die verre Suide voortduur. Dit sal tot diep in die binneland gevoel word waar die kwik skaars 18 grade Celsius sal bereik.

Hierdie foto’s is gister met ‘n webkamera by Klein-Aus Vista geneem.
© Namibia Weather Network
11:55

© Namibia Weather Network
14:18

© Namibia Weather Network
16:36