24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.03.2010

Koolstofkrediete kan kragopwekking help

DIE verhandeling van koolstofkrediete tussen ontwikkelde lande en die res van die wêreld wat steeds in die ontwikkelingsfase verkeer, kan daartoe lei dat projekte wat sowat 19 000 megawatt elektrisiteit kan opwek, in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsstreek van stapel gestuur kan word.

Die soort van ontwikkelingsprojekte het die aandag van ontwikkelde lande in veral Europa getrek en onder die sogenaamde skoon ontwikkelingsmeganisme word die lande in staat gestel om geld in alternatiewe of skoon energieprojekte te belê.

Belegging van die aard in ontwikkelende lande soos Namibië hou voordele vir beide partye in omdat die sogenaamde koolstofvoetspoor oor die wêreld heen verklein en klimaatverandering as gevolg van atmosfeerverhitting bestry word.

Die besturende direkteur van NamPower, mnr. Paulinus Shilamba, het volgens mnr John Kaimu van die voorsieningsmaatskappy, verlede week saam met verteenwoordigers van die Ministerie van Myne en Energie na Frankfurt in Duitsland gereis om ’n energiebeleggingskonferensie by te woon en om Namibië se elektrisiteit- opwekkingsprojekte aan moontlike beleggers voor te lê.

Tydens die voorlegging is die Caprivi-skakel en die Zizabona internasionale skakel aan beleggers voorgelê. Die Zizabona-projek sal toesien dat Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe op dieselfde kragnetwerk inskakel en op hierdie wyse krag tussen die lande verhandel.

Die skoon ontwikkelingsmeganisme se gewildheid as beleggingsmoontlikheid het die afgelope klompie jaar onder die koolstoffinansiering van ontwikkelde lande toegeneem. Namibië se verteenwoordigers het in die opsig planne om onder meer aardgas, sonlig en wind in die onderhoubare opwekking van elektrisiteit te gebruik aan voornemende beleggers voorgelê.

SADC-lande het deur middel van die opwekkingsprojekte van die Suider-Afrikaanse Kragpoel, wat weens ’n gebrek aan finansiering op die lange baan geskuif is, as prioriteite geïdentifiseer.

Die projekte moet as ’n saak van dringendheid mee begin word om in die nypende tekort aan opwekkingskapasiteit en in die steeds groeiende verbruikersaanvraag te voorsien. In die verband het NamPower reeds verskeie finansieringsprojekte van stapel gestuur en ooreenkomste gesluit om onder meer die Kudu-gasveld te benut om krag op te wek.

’n Ander projek wat in die langer termyn beplan word, is die Baines-waterkragsentrale in die Kunenerivier. In die korter termyn is besluit om ’n tweede dieselkragsentrale by Walvisbaai te bou en later van tyd ’n steenkoolkragsentrale met ’n hoër kapasititeit op die hawedorp op te rig.

Tydens die belegginskonferensie, wat gesamentlik deur die verskillende SADC-ambassadeurs en die Duitse sakegemeenskap se suidelike Afrika-inisiatief belê is, het lidlande 15 bestaande projekte en projekte wat nog beplan word aan voornemende beleggers voorgelê.

Die Duitse ontwikkelingsbank het die konferensie gefinansier. Die Kudu gas-tot-krag-projek is as ’n prioriteitsprojek deur Namibië se verteenwoordigers aan beleggers voorgestel.