24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

6.01.2012

Blaaskans voor Otavi watertoevoer afsny

© Republikein
INWONERS van Otavi het ’n tydelike blaaskans gekry voor die watertoevoer van die dorp vir sekere tydperke afgesny sal word. Uitstaande skuld op waterrekeninge is nie vereffen nie en die dorpsraad kan op sy beurt nie vir NamWater vir die watervoorsiening vergoed nie.

Die dorpsraad van Otavi het beplan om vanaf verlede Dinsdag die druk in die waternetwerk van die dorp vanaf 06:00 tot 20:00 te verminder om sodoende die verlies aan water in die dorp se netwerk te verminder.

Die hoof uitvoerende beampte van die Otavi-dorpsraad, mnr. Moses Matyayi, het gister by navraag bevestig dat die dorpsraad besluit het om nie onmiddellik die maatreëls te implementeer om waterverliese te beperk nie.

“Ons moet eers beraadslaag met die hoofrolspelers, wat die eienaars van ondernemings en staatsinstellings insluit, en die uitslag van die vergaderings sal bepaal of ons voortgaan met die bekamping van waterverliese op die dorp en watter maatreëls toegepas gaan word,” het hy gesê.

Die dorpsraad het onlangs ’n kennisgewing aan die inwoners van Otavi uitgereik waarin gesê is dat ’n ondersoek deur die dorpsraad en NamWater gedoen is oor die huidige status van die waterverspreidingsnetwerk op die dorp en in die Khoabebwoonbuurt.

Die verslag wat uit die ondersoek gevloei het, het aangedui dat die nie-betaling van rekeninge en lekkasies in die stelsel die vernaamste bydraende faktore vir die hoë watergebruik in die Otavi-gebied is.

Volgens inligting skuld die dorpsraad van Otavi ’n bedrag van N$5,6 miljoen aan NamWater vir waterverbruik.

Van hierdie bedrag word N$4,6 miljoen deur inwoners aan die dorpsraad geskuld. Die verskil in die bedrag kan toegeskryf word aan rentes en lekkasies wat die gevolg is van ’n verouderde infrastruktuur.

Die dorpsraad het inwoners wat uitstaande waterskuld het, versoek om dit te betaal en in die kennisgewing wat aan inwoners versprei is, staan dit duidelik dat diegene wat nie aan die versoek gehoor gee nie, se name aan skuldinvorderaars oorhandig sal word.