24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.01.2012

Arie en seun in sop

© Republikein
’n VROU wat na bewering verlede maand op Dordabis deur ’n familielid van ’n raadslid verkrag is, beweer dat die raadslid nou vir haar die wêreld warm maak ná sy ’n klag by die polisie aanhangig gemaak het.

Volgens haar is sy op 4 Desember in haar opslaanhuis op Dordabis deur Ricky Uirab, die seun van raadslid Frederick Arie van die Khomas landelike kiesafdeling, verkrag.

Die verdagte het na bewering in die nagtelike ure toegang tot haar huis verkry. “Ek het iemand op my gevoel terwyl ek geslaap het. Ek het begin stoei en hy het uitgehardloop. Ek het hom herken en hy het terug gekom en my vertel dat ek wakker geword het net voor hy kon begin,” het die vrou aan Republikein vertel.

“Ek het nat gevoel en sodoende agtergekom dat hy omgang met my gehad het,” vertel die vrou. Sy het daarna ’n klag van verkragting by die polisie aanhangig gemaak.

Sedert die verkragtingsaak het die raadslid glo sy optrede teenoor die vrou na een van intimidering verander. “Nou skielik is my opslaanhuis op ’n onwettige plek en wil hulle die huis laat verwyder. My omheining is beskadig, want dit is glo in sy pad,” sê sy.

Volgens die vrou was dit die derde keer wat die vermeende verkragter sonder haar toestemming seks in haar huis probeer afdwing het. In 2006 het hy na bewering in ’n soortgelyke poging haar regterarm gebreek, waarna sy pa haar N$500 betaal het om nie ’n klag aanhangig te maak nie.

Uirab is intussen in hegtenis geneem en tydens sy hofverskyning is borgtog geweier.

Die polisiekantoor op Dordabis het ook bevestig dat ’n klag van kwaadwillige saakbeskadiging teen sy pa gelê is.