Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.09.2010

75 Jaar oud, maar Nina Boerevereniging lank nie koud

© verskaf
Pioniers van die Nina Boerevereniging is van links na regs: mee. Antonette Engels, Bunty Engels, Gesie van Vuuren, mnr. Theo Naudé, mee. Sussie van der Merwe, Dotjie Coetzer en Wienkie Dicks.

LEDE van die Nina Boerevereniging het verlede week ’n groot fees op Nina gehou toe die vereniging sy 75ste bestaansjaar gevier het. Die feestelikheid het op Donderdag 26 Augustus met ’n private dinee vir lede, oudlede en borge van die geleentheid begin.
© verskaf
Vanjaar is die dinee met die ondersteuning van FNB Agri moontlik gemaak. Helmuth Stehn, lid van die vereniging, het aan almal die geskiedenis van die bestaan van die verening geskets met ’n verslag wat ’n deeglike samevatting van al die jare se aktiwiteite, ontwikkeling en hoogtepunte ingesluit het.

Daar was ook ses van die oudlede wat meer as 40 jaar reeds deel is van die gemeenskap. Die res van die feestelikhede het op 28 Augustus plaasgevind en ’n kampeerterein is ingerig vir diegene wat op Nina wou oornag.
© verskaf
Deel van die vermaak tydens die dag was ’n skietkompetisie asook ’n boogskietkompetisie vir oud en jonk. Daar was ook vermaak vir die kleingoed in die vorm van springkastele en waterglybane.

Braaivleis asook allerhande ander lekkernye is deur die loop van die dag verkoop. Geriewe is verskaf sodat elkeen sy eie vleis kon braai wat in ’n groot geselligheid ontaard het. Ander vermaak het ’n informele perdemarathon ingesluit.
© verskaf
Die wat die resies van 30 km voltooi het, is Ursula Leisse, Judith Isle, Larra Deysel en Hendrick van der Westhuizen. Die vieringe is met ’n dans en ’n orkes uit Windhoek afgesluit.

Oor die afgelope 75 jaar is Nina meer as een keer as die aktiefste boerevereniging aangewys en het ook al besoeke van verskeie politici soos Eerste Minister Nahas Angula en dr. Libertina Amathila ontvang.

Laasgenoemde het ook saam met die goewerneur van die Omaheke- streek, me. Laura McLeod, veldbrandvergaderings gelei toe die gebied in 2006 daardeur geteister was. In dieselfde jaar was me. Clara Bohithile as ontluikende boer van die jaar aangewys.