Wie is Republikein se Bruidspaar van die Jaar?

?n Hoogtepunt op die Namibië Toerisme Ekspo se program is die aankondiging van die wenners in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie.

Die tien paartjies wat in vandag se Kollig-uitgawe verskyn, gaan op Vrydag 8 Junie om 18:00 tydens die ekspo die geleentheid kry om hul troudag te herleef en terselfdertyd om hul deel van N$100 000 se pryse mee te ding. Die finaal vind voor die Namibian Wedding & Event Portfolio- saal plaas en die wenners word om 18:30 aangekondig.

Die Ekspo vind vanaf 6 Junie (vir handelaars) tot 9 Junie by die Windhoek skougronde plaas. Toegang beloop N$40 vir volwassenes en N$20 vir kinders tussen ses en 12 jaar. Openingstye vir die publiek is op Donderdag 7 en Vrydag 8 Junie vanaf 12:00 tot 21:00 en op Saterdag 9 Junie vanaf 10:00 tot 17:00.

Kategorie: