DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.03.2010

Wen saam met Republikein en Gondwana Collection

© Gondwana Collections

Republikein neem sy lesers weer op vêr paaie. Dié keer is dit saam met Gondwana Collection op besoek aan die mooiste mooi wat die land het om te bied.

Vier mense op toer deur Namibië vir twee weke, met verblyf in die lodges van die Gondwana Collection – alles vir net N$5. In die grootste kompetisie tot nog gee Republikein en Gondwana Collection vir ’n jaar lank elke maand die geleentheid aan vier mense om die natuur en mense van Namibië op sy beste te ervaar.

Die besoek strek deur die ganse land, van die Visrivier-spoelvallei in die diep suide (Cañon Village, Cañon Lodge, Cañon Mountain Camp en Cañon Roadhouse) tot teenaan Etosha (Etosha Safari Lodge, Etosha Safari Camp en Etosha Campsite), waar leeus en olifante al vir ’n honderd jaar in een van die vasteland se oudste natuurparke vry rondloop. Maak ’n draai in die Kalahari (Kalahari Anib Lodge, Kalahari Anib Campsite en Kalahari Farmhouse) en die Namib (Namib Desert Lodge en Namib Desert Campsite) waar die wêreld se hoogste duine rondom Sossusvlei troon. Vat die pad oor die skilderagtige Swakopmund en Hentiesbaai deur Damaraland (Damara Mopane Lodge) tot by Etosha.

Geniet dit vanjaar nog alles deur aan ons leserskompetisie deel te neem. Die prag van die Gondwana supertoer deur Namibia lê daarin dat ons toeriste vanoor die hele wêreld die geleentheid bied om deel te neem en hulle eie toerpakket saam te stel.

Slaap by ’n Gondwana Collection lodge van jou keuse waar jy wil vir twaalf nagte, of probeer om na soveel van die groep se lodges as moontlik ry tydens die besoek.

Onthou, daar is nog die Desert Hose Inn, die Desert Horse Campsite, Eagle’s Nest Chalets en Geisterschluct Cabins by Klein Aus Vista.

Ontbyt, aandete en alle aktiwiteite van die groep is by die prys ingesluit en die prys is vir ’n jaar geldig. Neem deel deur te SMS na 52501 teen net N$5 en wen een van die opwindende maandelikese pakette van Gondwana Collection.

Vir elke SMS wat ons ontvang, word ’n nommer op ’n meesterslys vir die betrokke maand toegeken. Indien ’n deelnemer deur die webtuistes deelneem (binnekort), word ’n nommer vir elke N$5 toegeken.

Deelnemers kan soveel keer deelneem as wat hulle wil. Elke nommer sal vir die gelukstrekking in aanmerking kom. Wenners word elektronies aangewys. Om deel te neem, SMS “Gondwana” na 52501 gevolg deur die naam van een van die kuierplekke in die Gondwana Collection.

Meer inligting oor die kompetisie en die reëls is op www. republikein.com.na beskikbaar. Inligting oor Gondwana Collection is by www.gondwana-collection.com verkrygbaar.

Die eerste wenner sal op Dinsdag 30 Maart aangewys word en op 1 April sal die naam in Republikein en op ons webwerwe gepubliseer word.