DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

31.08.2010

Wen N$1 000 in rugbyraai


Dit was nie besonder oortuigend nie, maar die Springbokke het eindelik hul eerste wedstryd in vanjaar se Drienasiereeks gewen toe hulle die Wallabies Saterdag op Loftus met 44-31 onder gekry het.

JP Pietersen se drie in die doodsnikke was die Bokke se vyfde teen die besoekers se vier, maar verlede jaar se kampioenspan moes vir lang tye inhaalrugby speel. Komende Saterdag pak die twee spanne mekaar opnuut in Bloemfontein, wat kan bepaal wie van Suid-Afrika of Australië vanjaar laaste eindig nadat Nieu-Seeland reeds die trofee beklink het.

Die N$1 000 prysgeld wat Republikein vir ’n korrekte wentelling aanbied, is steeds onaangeraak en lesers kan steeds ’n SMS stuur met hul raaiskoot. Wie weet, dalk kry die geld hierdie week ’n baas. Republikein gee vir elke wedstryd N$1 000 aan ’n leser wat die telling korrek kan voorspel.

Vandeesweek moet die SMS na 52501 dus lees Rugby (spasie), die wenspan se naam en dan die telling. Byvoorbeeld: RUGBY SA 20-10. Stuur die antwoord na 52501. SMS’e kos N$5 elk en lesers kan soveel keer deelneem as wat hulle wil.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en net korrekte tellings sal vir die kontantprys in aanmerking kom. Die program vir die res van die Drienasiereeks is: 4 September Suid-Afrika teen Australië (Bloemfontein) en 11 September Australië teen Nieu-Seeland (Sydney). Ons SMS-kompetisie sluit elke week die oomblik wat die wedstryd begin.