3.03.2010 Wen met Republikein en Officeconomix
DIE wedstryd waarop lesers vandeesweek hul N$3-SMS kan verwed, is die een tussen die Cheetahs en die Hurricanes.
Die wedstryd begin Saterdag om 19:00 en word in Bloemfontein beslis. As jy dink jy weet wie gaan wen, kan jy die telling na 53500 SMS en ’n pragtige staanlamp ter waarde van N$1 000 by Homeconomix daarmee losslaan.
SMS Einstein, ’n spasie, die naam van die wenspan en die telling tussen die Cheetahs en die Hurricanes voor 19:00 Saterdag en hoor aanstaande Dinsdag wie die prys gewen het.
Teen net N$3 per SMS kan lesers soveel keer deelneem as wat hulle wil. Voorwaardes geld. Die voorwaardes kan op ons webtuiste www.republikein.com.na gevind word.
|