DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

6.09.2010

Wen met Curriebekerreeks


Vir Australië was die tweede laaste wedstryd in die Drienasiereeks ewe belangrik as vir die Springbokke.

Die verskil in Bloemfontein was egter dat die Aussies met die Mandela-beker en ’n eerste oorwinning in 47 jaar in die binneland van Suid-Afrika weggestap het. Hiermee het Suid-Afrika sy swakste vertoning in jare in die Drienasiereeks afgesluit, met Nieu-Seeland reeds die kampioene vir 2010.

Suid-Afrika se neerlaag Saterdag het die fokus ingestel op wat dié trotse rugbynasie voornemens is om te doen om sy span vir aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland gereed te kry.

Ons SMS-kompetisie vir die duur van die Drie Nasiereeks was weereens ’n hoogtepunt, maar selfs tot by Saterdag se wedstryd het die N$1 000 onaangeraak gebly.

Met nie een van die wedstryde in die reeks kon lesers daarin slaag om ’n korrekte telling te voorspel nie.

Nou skuif die aandag weg van die Drienasiereeks en ons kyk na die Curriebekerreeks in Suid-Afrika. Met die Sharks, Westelike Provinsie, die Cheetahs en die Blou Bulle in die eerste vier plekke op die punteleer en die Leeus en Griekwas wat nog ’n realistiese kans staan om die halfeindronde te haal, is die vraag vandeesweek: Wat gaan die telling wees in die wedstryd tussen Blou Bulle en die Vrystaat komende naweek in Bloemfontein?

Die wedstryd word Saterdag om 17:05 gespeel. Die ander wedstryde, wat nie vandeesweek in aanmerking kom vir ons SMS-kompetisie nie, is (Vrydag) Pumas tn Sharks in Witbank en Lions tn Griekwas in Johannesburg.

Saterdag speel die WP teen die Luiperds en dan die hoofwedstryd van die naweek, Vrystaat teen die Blou Bulle.

Die N$500 prysgeld wat Republikein aanbied vir ’n korrekte wentelling, geld dus net in die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Vrystaat.

SMS RUGBY, die naam van die wenspan (Blou Bulle of Vrystaat) en die korrekte telling, bv. 32-22 na 52501 as u wil saamspeel.

Republikein gee elke week N$500 aan ’n leser wat die telling korrek kan voorspel. SMS’e kos N$5 elk en lesers kan soveel keer deelneem as wat hulle wil.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en net korrekte tellings sal vir die kontantprys in aanmerking kom.

Die kompetisie sluit die oomblik as die wedstryd begin en die wenner word op die daaropvolgende Dinsdag bekend gemaak.