3.01.2012 SMS vir oulaas en wen
VANDAG is die laaste kans vir lesers om per SMS aan die derde been van die Outsurance en Republikein padveiligheidskompetisie deel te neem. Die kompetisie sluit om middernag vandag.
Onthou dat die padveiligheidswenke wat die afgelope vakansieseisoen aan lesers gebring is deur Outsurance en Republikein, die hele jaar geld. Hou dit in gedagte, al is u terug by die huis. Onthou veral dat drank en motorbestuur nie saam gaan nie. Om onder die invloed van alkohol te bestuur, is gevaarlik omdat dit jou vaardighede om ʼn motor te beheer en op noodtoestande te reageer, ernstig belemmer. Veilige reis.
|