DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

20.08.2010

SMS “rugby” en jou telling vir Saterdag na 52501 en wen


DIE SANZAR-huwelik is glo besig om die rotse gevaarlik te nader en straks is daar nie meer ’n Drie- of Viernasie-reeks na die 2015-seisoen nie.

Tussenin wag die Wêreldbekertoernooi aanstaande jaar in Nieu-Seeland en daar is reeds gerugte en beskuldigings daaroor. Bevoordeel skeidsregters werklik die All Blacks om te verseker dat hulle in ’n sterk posisie afskop wanneer die toernooi aanstaande jaar aanbreek?

Hier aan die suidpunt van Afrika wag egter onafgehandelde besigheid. Die Springbokke moet hul aansien as rugbykampioene herwin en die beste tyd is juis komende Saterdag teen Richie McCaw en sy manne.

Met ’n reeks vertonings wat grens aan die swakste nog deur die Bokke in hul onlangse rugbygeskiedenis, word talle vrae gevra oor Suid-Afrika se vermoë om in 2011 ’n werklike aanslag as verdedigende wêreldkampioen te lewer.

Saterdag is dit dalk net die laaste kans vir verskeie Springbokke om in die 2010-seisoen verlore trots te herwin. Spankeuse word allerweë as een van die redes vir die Bokke se swak toervertoning in Nieu-Seeland en Australië uitgelig en almal wag dus vir vandag se bekendmaking van die span. Gaan die Groen en Goud in die Soweto-stadion wen?

Republikein gee elke week N$1 000 aan ’n leser wat die telling korrek kan voorspel. Vandeesweek moet die SMS na 52501 dus lees Rugby (spasie), die wenspan se naam en dan die telling. Byvoorbeeld: RUGBY SA 20 -10.

Stuur die antwoord na 52501. SMS’e kos N$5 elk en lesers kan soveel keer deelneem as wat hulle wil.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en net korrekte tellings sal in aanmerking kom vir die kontantprys. Die keer vereis ons ’n korrekte telling in die wedstryd.

Die volledige program vir die res van die Drienasie-reeks is soos volg:

21 Augustus Suid-Afrika teen Nieu-Seeland (Soweto),
28 Augustus Suid-Afrika teen Australië (Pretoria),
4 September Suid-Afrika teen Australië (Bloemfontein) en
11 September (Australië teen Nieu-Seeland (Sydney).

Ons SMS-kompetisie sluit elke week die oomblik wat die wedstryd begin.