UIT honderde SMS’e wat ontvang is in die Super 14-rugbyraaikompetisie van Republikein en Officeconomix, is twee dinge duidelik.
Niemand dink die Highlanders kan Saterdag die Bulle wen nie en as iemand dalk so sou dink, is hy of sy te skaam om dit hardop uit te spreek. Bedding Warehouse gee hierdie week N$1 000 aan die leser wat die telling van Saterdag se wedstryd reg voorspel of die naaste telling aan dit wat op die telbord staan, deurgestuur het. Wie gaan dus die wedstryd Saterdag wen en wat gaan die telling wees?
As jy dink jy weet, SMS “einstein”, ’n spasie en die wenspan se naam met die telling wat daarop volg na 53500. SMS’e kos N$3 elk en jy kan deelneem soveel keer soos wat jy wil. Voorwaardes geld.
Die kompetisie sluit om 17:00 Saterdag en die wenner sal aanstaande Dinsdag aangekondig word.