Republikein Nuusvideo-Kompetisie
Die Uitdaging:
Ons soek kort video’s van ’n nuuswaardige gebeurtenis.
Videos moet nie langer as 3 minute wees nie.
Lesers mag meer as 1 video instuur.
Terme en voorwaardes geld (beskikbaar by www.republikein.com.na).
Hoe om deel te neem:
Stuur jou video na: nuusvideo@gmail.com.
Eerste been van die kompetisie sluit op 20 Januarie 2012.
Kompetisie is oop vir die publiek buiten werknemers van DMH.
Wenners sal in Republikein bekend gemaak word.
Videonuus Hiert, jou renoster! | Richard T. was saam met sy gesin in Etosha en het gelukkig sy videokamera byderhand gehad toe ‘n renosterkoei met ‘n kalf op sy skoonpa se voertuig voor hulle afgestorm het. Gelukkig het die renosterkoei haar bedink en gou weer met haar kalf weggedraf na veiligheid. Lees meer |
|
Videonuus The deep blue |  “Coming live!” from Nonidas sent in this news video entry of two men showing their steel in the swimming pool. Lees meer |
|
Videonuus Skillie knoop ’n geveg aan |  Hannes van Vuuren het sy troetelskilpad afgeneem toe hy ’n geveg met ’n koelboks aangeknoop het. Aanvanklik het hy net vir een kans gesien, maar toe Skillie eers goed opgewarm was, het hy sommer nog ’n koelboks aangevat. Lees meer |
|
Videonuus Mervin’s great escape |  Vanessa Saunders, a Namibian student in Beijing, China, writes:
“I have a semi-aquatic terrapin turtle as a pet and his name is Mervin the Magnificent.
“He has an amazing personality and not a day goes by that he does not entertain me.
“Soon after adopting ... Lees meer |
|
Videonuus Roer daai litte |  MET net nog vandag en môre oor waarop lesers ’n vet prys in Republikein en Hi-Fi Corporation se nuusvideokompetisie kan losslaan, het Kelvin Nolte die kans gebruik om te wys hoe hy deur ’n likkewaan gefop is.
Die reptiel het “siek gespeel”, maar toe Kelvin met sy videokamera nader kom, ... Lees meer |
|
Videonuus Ruacana se "droë" waterval |  Jacques du Plessis het vandag hierdie kort video by die Ruacana waterval geneem wat kurkdroog is. Die video is vanaf die lodge by die valle geneem. Volgens beamptes het dit goed in die suide van Angola gereën, maar sal die water die valle eers oor sowat twee tot drie weke bereik. Lees meer |
|
Videonuus Angola, ‘n hengelparadys |  Renier Burger het die video ingeskryf oor hy en Johan Burger en hul gesinne se wedervaringe toe hulle die afgelope vakansie langs die Angolese kus gekamp het. Hy skryf: “Dit was die 4de keer wat ons vir ’n hele Desember met die familie in Angola by die see kamp. Lees meer |
|
Videonuus Lied van die see |  Yolanda Fryer het hierdie video gemaak van die see by Lüderitz. Luister jy na die lied van die see, is dit duidelik waarom baie mense rus en kalmte vind wanneer hulle langs die groot waters uitspan. Lees meer |
|
Videonuus Weskus 4x4 Vasbyt |  Hier is 'n kort video uittreksel van die Weskus 4x4 Vasbyt wat op die 29ste Desember 2011 plaas gevind het geneem deur Peter Funck.
Lesers het nog net ‘n rapsie meer as drie weke om vir Republikein en Hi-Fi Corporation se nuusvideo-kompetisie in te skryf waarin die wenner ‘n Sanyo- ... Lees meer |
|
Videonuus Fluit-fluit die (video-) storie is lank nie uit |  MET die vakansie byna iets van die verlede kan lesers op Republikein se webtuiste gaan loer na twee nuwe inskrywings vir die opwindende nuusvideokompetisie in samewerking met Hi-Fi Corporation.
Die eerste video, The Great Escape, is vervaardig deur Nadia Poolman, ... Lees meer |
|
Videonuus Kaalkaskenades op Walvis-Strand |  “ALMAL kon sien hier kom ‘n ding!”
So sê Alex Samuel oor die videogrepe wat hy geneem het toe ‘n vakansieganger op die heilige Kersdag op Walvisbaai se strand haar klere afgestroop en tot omstanders se groot konsternasie in die branders van die Atlantiese Oseaan gaan kaalbaai het. Lees meer |
|
Videonuus The Great Escape |  Die video is vervaardig deur Nadia Poolman, ‘n derdejaar-student in Media Tegnologie aan die Politegnikum van Namibië. Nadia het die foto’s self geneem en en vir die klankbaan gesorg. Die musiek is deur The Verve (Bitter Sweet Sympathy).
Sien ook haar gallery ... Lees meer |
|
|