24.5.2012
 Argiewe:

DMH competition terms


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.01.2012

Outsurance: 3de wenners bekend

© Marlize Rautenbach
V.l.n.r. is Roselinda Matyayi in die arms van haar ma, me. Olivia Matyayi, die wenner van N$5 000; mnr. Coenie Knoetze van Outsurance Namibia; mnr. Kobus Vermeulen, die wenner van N$2 000 en sy dogter, Ilouwna.

DIE drie gelukkige wenners van die laaste been van Republikein en Outsurance se SMS-kompetisie oor padveiligheid kon gister skaars hul ore glo toe hulle in kennis gestel is dat hulle so vroeg in die nuwe jaar onderskeidelik N$5 000, N$3 000 en N$2 000 ryker is.

Die eerste prys van N$5 000 gaan aan me. Olivia Matyayi van Windhoek. “Dit is ’n baie groot geskenk vir 2012. Ek het besluit om ’n tiende van my wengeld vir die kerk te gee en die res te gebruik om skoolklere vir my kind te koop.” Sy het net twee keer op dieselfde dag ge-SMS en kon skaars haar geluk glo.

’n Nog groter geluk het die Matyayi-familie getref toe haar man, Augustinus, op dieselfde dag gehoor het dat hy die leserskompetisie in Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gewen het en ’n prys van N$10 000 losgeslaan het.

Vir me. Krista Veiko van Rundu is dit ’n tragiese tyd. Haar vader is onlangs oorlede en sy is tans op Arandis besig met begrafnisreëlings. Toe Republikein haar skakel met die nuus dat sy die tweede prys wenner van N$3 000 was, het sy van blydskap gegil: “Dankie, Here!” Sy het reeds besluit dat sy met haar wengeld ’n mooi ruiker vir haar pa se begrafnis sal koop en die res van die geld spaar.

“Ek wil ook graag vir Republikein dankie sê wat dit moontlik gemaak het,” het me. Veiko gesê. Sy het net met een SMS aan die kompetisie deelgeneem.

Mnr. Kobus Vermeulen, ’n boer van Leonardville, is die wenner van die derde prys van N$2 000.

“Ek is nou skoon hoendervleis. Baie dankie,” het hy gesê toe hy die nuus kry. “Ek het Desember vakansie gehou op Hentiesbaai en een oggend terwyl die familie nog geslaap het, het ek deur die koerant geblaai en op die ingewing van die oomblik besluit om ’n SMS te stuur en aan die kompetisie deel te neem. Ek neem nooit aan hierdie goed deel nie. Ek het net een SMS gestuur. Ons ry volgende week Port Alfred toe, want my dogter gaan ’n avontuurkamp daar bywoon. Die geldjie gaan nou handig te pas kom vir die ryery,” het hy gesê.

Deur die loop van die kompetisie wat vanaf 21 November 2011 tot middernag op 3 Januarie 2012 geduur het, het Republikein meer as 6 000 SMS’e ontvang soos Namibiërs van oralin die land deelgeneem het.

Die doel van die kompetisie was om padveiligheid te bevorder en ’n bydrae te lewer om Namibiërs veilig by hul vakansiebestemmings en weer tuis te kry. Outsurance se betrokkenheid het die kompetisie moontlik gemaak.