Bedding Warehouse gee hierdie week N$1 000 aan die leser wat die telling van Saterdag se wedstryd tussen die Blou Bulle en die Highlanders reg voorspel.
Die Bloues is die enigste span wat nog nie in die reeks verloor het nie en is Saterdag gewis die gunstelinge op hul tuisveld. Hulle het ook dusver vanjaar groot tellings teen hul teenstanders opgestapel en is die span om te wen. Kan die Highlanders dit doen?
As jy dink jy weet, SMS “einstein”, ’n spasie en die wenspan se naam met die telling wat daarop volg na 53500. SMS’e kos N$3 elk en jy kan deelneem soveel keer soos wat jy wil. Voorwaardes geld.
Die kompetisie sluit om 17:00 Saterdag en die wenner sal aanstaande Dinsdag aangekondig word.