6.01.2012 Nuusvideo’s stroom in
LESERS kan op Republikein se webtuiste gaan kyk na twee nuwe inskrywings vir die opwindende nuusvideokompetisie in samewerking met Hi-Fi Corporation.
Die eerste video, Angola, ’n hengelparadys, is deur Renier Burger ingeskryf en handel oor hy en Johan Burger en hul gesinne se wedervaringe die afgelope vakansie langs die Angolese kus waar hulle suid van Baio Farta naby Benguela gekampeer het.
Die tweede video getiteld Lied van die see is deur Yolanda Fryer ingeskryf. Die beeldmateriaal is by Lüderitz langs die see geneem. Lesers het tot 20 Januarie tyd om in te skryf vir Republikein en Hi-Fi Corporation se nuusvideokompetisie waarin die wenner ’n Sanyovideokamera ter waarde van N$3 500 kan losslaan.
Die wenners sal op Maandag 23 Januarie aangewys word en lesers kan op Republikein se webtuiste vir hul gunsteling video stem.
Op 21 Januarie begin ’n nuwe maandlange kompetisie waarin lesers ’n kamera kan losslaan.
Video’s wat ingestuur word, moet nie langer as drie minute wees nie en moes gedurende die afgelope (huidige?) vakansie geneem gewees het.
Deel ook jou besonderse video van ’n nuusoomblik met Republikein en sy lesers.
E-pos die video-opname na videonuus@gmail.com
|