DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

1.09.2010

Leande se geluk draai met Gondwana

© Verskaf
Leande Jansen
“STOMGESLAAN”. Dit is al wat Leande Jansen van Windhoek gistermiddag kon uitkry toe sy hoor dat sy Augustus se wenner van die Republikein/Gondwana SMS-kompetisie is.

“Ek het gereeld SMS’e gestuur, maar met met my geluk het ek regtig nie gedink ek sal wen nie,” het sy aan Republikein gesê.

Leandi vertel dat sy nog nooit by enige van die Gondwana-oorde in die land was nie en sien vreeslik uit daarna om haar prys te gebruik. En haar tone het behoorlik omgekrul van lekkerte toe sy hoor wat sy wen! Die prys wat Gondwana Collection elke maand aan een gelukkige Republikein-leser gee, is 12 nagte vir vier persone wat by enige van die Gondwana-oorde gebruik kan word.

Ingesluit by die prys is ontbyt, middag- en aandete. Leandi sê sy is mal oor die noorde van die land en gaan beslis die prys gebruik om aanstaande maand vir ’n naweek by die splinternuwe Damara Mopane Lodge te gaan uitspan.

Afrondingswerk word nou by die lodge gedoen voordat dit amptelik op 1 November sy eerste gaste verwelkom. In die tussentyd wink talle ander kuierplekke. Daar is die Etosha Safari Camp en die Etosha Safari Lodge en die spogkampeerplek. In die sentrale Suide naby Mariental wag die Kalahari Anib Lodge en die Kalahari Farmhouse op Stampriet.

In die Namib is die Namib Desert Lodge en by Aus die bekende Klein-Aus Vista met sy Desert Horse Inn, Geistersclucht Cabin en die Eagle’s Nest Lodge. In die verre suide by die Visrivier-spoelvallei kry mens die Cañon Roadhouse, Cañon Lodge, Cañon Vil- lage en Cañon Mountain Camp. Al die oorde van Gondwana Collection bied kampeerplek aan.

Om vir dieselfde prys as Leande in aanmerking te kom, kan lesers aan vandeesmaand se kompetisie deelneem deur die volgende stappe te volg.

Vandeesmaand moet lesers die volgende vraag beantwoord: Wat is die naam van die spog Gondwana- kampeerplek naby die Etosha Nasionale Park? SMS Gondwana en die antwoord Etosha Safari Campsite na 52501. ’n SMS kos N$5.

Of vertel jou vriende en familie buite Namibië van die kompetisie en moedig hulle aan om saam met jou aanlyn deel te neem. Gaan na die volgende webwerf: www.republikein. com.na/diens/sites/competitions/. Koop soveel nommers as wat jy wil. Enigiemand kan vanaf enige plek in die wêreld deelneem.

Die volgende wenner word op 30 September aangekondig.