DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.09.2010

Kom speel saam en wen!


Die Curriebekerseisoen is besig om na ‘n interessante hoogtepunt op te bou. Met vier spanne die duidelike voorlopers en nog twee wat die trein kan laat ontspoor, is daar nog baie om voor te speel. Ook saam met Republikein.

Met die Sharks, Westelike Provinsie, die Cheetah’s en die Blou Bulle in die eerste vier plekke op die Curriebeker-punteleer en die Lions en die Griekwa’s wat nog ‘n realistiese kans staan om die halfeindrondes te haal, is die vraag vandeesweek; Wat gaan die telling wees in die wedstryd tussen Blou Bulle en die Vrystaat eerskomende naweek in Bloemfontein?

Die wedstryd word Saterdag om 17:05 gespeel.

Die ander wedstryde, wat nie vandeesweek in aanmerking kom vir ons SMS-kompetisie nie, is (Vrydag) Pumas vs. Sharks in Witbank en Lions vs. Griekwas in Johannesburg.

Saterdag speel die WP teen die Luiperds en dan die hoofwedstryd van die naweek, Vrystaat teen die die Blou Bulle.

Die N$500 prysgeld wat Republikein aanbied vir ‘n korrekte wentelling, geld dus net in die wedstryd tussen die Blou Bulle en die Vrystaat.

SMS RUGBY, die naam van die wenspan (Blou Bulle of Vrystaat) en die korrekte telling, bv. 32 -22 na 52501 as u wil saamspeel.

Republikein gee elke week N$500 aan ‘n leser wat die telling korrek kan voorspel. SMS’e kos N$5 elk en lesers kan soveel keer deelneem as wat hulle wil.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en net korrekte tellings sal in aanmerking kom vir die kontantprys.

Die kompetisie sluit die oomblik as die wedstryd begin en die wenner word die daaropvolgende Dinsdag bekend gemaak.