|
|
3.2.2012 Op jul merke, gereed – laat waai met daai video! | REPUBLIKEIN en Hi-Fi Corporation se splinternuwe videokompetisie skop vandag af en die kameraman/vrou wat die wenvideo instuur, sal na afloop van die sluitingsdatum op 3 Maart net soos sy voorganger ’n Sanyovideokamera ryker wees.
Die tema van die nuwe ... Lees meer |
|
25.1.2012 Peter Funck wen nuusvideokompetisie |  ’n AFGETREDE Swakopmunder met ’n passie vir die buitelewe en 4x4-toere, het met sy nuusvideo-inskrywing van die Weskus 4x4 Vasbyt op 29 Desember buite Walvisbaai die eerste prys in Republikein en Hi-Fi Corporation se kompetisie gewen.
Mnr. Peter Funck ... Lees meer |
|
20.1.2012 Videokompetisie sluit vannag |  TIEN, 9, 8, 7, 6... Dit is hoe die horlosie die ure verby tik tot middernag vannag wanneer Republikein en Hi-Fi Corporation se heel eerste nuusvideokompetisie ten einde loop.
Gister is nie minder nie as vier inskrywings ontvang. Gaan loer op ons webtuiste ... Lees meer |
|
19.1.2012 Republikein Nuusvideo-Kompetisie | Ons soek kort video’s van ’n nuuswaardige gebeurtenis.
Videos moet nie langer as 3 minute wees nie.
Lesers mag meer as 1 video instuur.
Terme en voorwaardes geld (beskikbaar by www. Lees meer |
|
6.1.2012 Nuusvideo’s stroom in | LESERS kan op Republikein se webtuiste gaan kyk na twee nuwe inskrywings vir die opwindende nuusvideokompetisie in samewerking met Hi-Fi Corporation.
Die eerste video, Angola, ’n hengelparadys, is deur Renier Burger ingeskryf en handel oor hy en Johan ... Lees meer |
|
5.1.2012 Outsurance: 3de wenners bekend |  DIE drie gelukkige wenners van die laaste been van Republikein en Outsurance se SMS-kompetisie oor padveiligheid kon gister skaars hul ore glo toe hulle in kennis gestel is dat hulle so vroeg in die nuwe jaar onderskeidelik N$5 000, N$3 000 en N$2 000 ryker is. Lees meer |
|
3.1.2012 SMS vir oulaas en wen |  VANDAG is die laaste kans vir lesers om per SMS aan die derde been van die Outsurance en Republikein padveiligheidskompetisie deel te neem. Die kompetisie sluit om middernag vandag.
Onthou dat die padveiligheidswenke wat die afgelope vakansieseisoen aan ... Lees meer |
|
30.12.2011 Tel jou sopies die Oujaarsnaweek | MET die Nuwejaarsnaweek voor die deur en duisende Namibiërs wat die land se paaie gaan aanpak op pad na of terug van gesellighede, word Namibiërs gemaan om nie onder die invloed van drank te bestuur nie. Alkohol tas die reaksietyd van bestuurders aan en belemmer hul bestuursvaardighede. Lees meer |
|
30.12.2011 Maak só met jou nuusvideo | SAAM met Republikein en Hi-Fi Corporation kan ’n leser wat die volgende maand die beste nuusvideo instuur, ’n splinternuwe videokamera losslaan. Gryp sommer nou jou selfoon en begin laat waai met opnames van enige nuuswaardige gebeurtenis. Video’s moet nie langer as drie minute wees nie. Lees meer |
|
|