Bulls se wen bring kontant vir leser

Een van Republikein se lesers, mnr. Kobus de Jager het die naweek ?n bedrag van N$1 000 kontant gewen met sy raaiskoot in die wedstryde tussen die Bulls en die MTN Lions op Loftus Versveld. Sy wentelling in die guns van die Bulls van 37 ? 21 (20) was die naaste aan korrek en genoeg om hom as wenner te kroon.

Die komende naweek word met uitspeelwedstryde begin en dieselfde Bulls wat na hul oorwinning Saterdag, algeheel vyfde op die punteleer lê, reis na Nieu-Seeland om daar teen die Crusaders kragte te gaan meet.

Die rugbyraaikompetisie van Republikein en Officeconomics gaan voort en lesers kry komende naweek weer geleentheid om ?n telling te waag in die gewilde SMSkompetisie.

Soos gebruiklik hoef diegene wat wil deelneem, bloot net ?n SMS na 52501 met die voorvoegsel ?Einstein? en die wenspan se naam saam met die telling te stuur. Jou SMS moet dus lees Einstein Bulls 32 ? 30 as jy dink die Bulls gaan met dié telling wen.

Elke SMS kos N$5 en die kompetisie sluit sodra die wedstryd begin.

Kategorie: