DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

3.09.2010

Bokke veg vir laaste eer


Suid-Afrika en Australië is nou in ’n doodstryd gewikkel om nie die laaste span op die punteleer in vanjaar se Drienasiereeks te wees nie.

Na Suid-Afrika se wen teen die besoekende Aussies verlede Saterdag, is dit hierdie naweek weer so. Dis die Bokke teen die Wallebies en die Bokke moet wen of eindig laaste.

Die wedstryd word Saterdagmiddag in Bloemfontein gespeel en na wat verneem word is al die kaartjies vir die wedstryd reeds uitverkoop.

Die N$1 000 prysgeld wat Republikein aanbied vir ’n korrekte wentelling, is egter steeds ongeskonde en lesers kan nog altyd ’n SMS met hul raaiskoot stuur.

Republikein gee vir elke wedstryd N$1 000 aan ’n leser wat die telling korrek kan voorspel. Vandeesweek moet die SMS na 52501 dus lees Rugby (spasie), die wenspan se naam en dan die telling. Byvoorbeeld: RUGBY SA 20 -10. Stuur die antwoord na 52501. SMS’e kos N$5 elk en lesers kan soveel keer deelneem as wat hulle wil.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en net korrekte tellings sal vir die kontantprys in aanmerking kom.

Die res van die program vir die Drienasiereeks is soos volg:
4 September Suid-Afrika teen Australië (Bloemfontein) en
11 September Australië teen Nieu-Seeland (Sydney).

Ons SMS-kompetisie sluit elke week die oomblik wat die wedstryd begin.