DMH competition terms


Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

25.08.2010

Bokke leef swaar in Drienasies


Suid-Afrika het reeds sy kanse in die Drienasiereeks verspeel en Saterdag se wedstryd in Soweto opnuut in die doodsnikke met 29-22 teen Nieu-Seeland verloor. John Smit, die Springbokkaptein, het sy honderdste toets gespeel en erken dat hy vir die verloor verantwoordelikheid neem.

Komende Saterdag is dit Suid-Afrika teen Australië in Pretoria, waar Suid-Afrika steeds sal probeer om sy eerste wedstryd in die reeks vanjaar te wen.

Die N$1 000 prysgeld wat Republikein vir ’n korrekte wentelling aanbied, is egter steeds onaangeraak en lesers kan steeds ’n SMS stuur met hul raaiskoot. Wie weet, dalk kry die geld hierdie week ’n baas.

Republikein gee vir elke wedstryd N$1 000 aan ’n leser wat die telling korrek kan voorspel. Vandeesweek moet die SMS na 52501 dus lees Rugby (spasie), die wenspan se naam en dan die telling. Byvoorbeeld: RUGBY SA 20-10. Stuur die antwoord na 52501. SMS’e kos N$5 elk en lesers kan soveel keer deelneem as wat hulle wil.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en net korrekte tellings sal vir die kontantprys in aanmerking kom.

Die program vir die res van die Drienasiereeks is soos volg:

28 Augustus Suid-Afrika teen Australië (Pretoria),
4 September Suid-Afrika teen Australië (Bloemfontein) en

11 September Australië teen Nieu-Seeland (Sydney).

Ons SMS-kompetisie sluit elke week die oomblik wat die wedstryd begin.