24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.09.2009

Kommissie bedrywig in al die streke

DIE Verkiesingskommissie (ECN) het in alle erns begin om sy teenwoordigheid in al dertien streke van Namibië te vestig met streekkoördineerders en hul assistente wat reeds vanaf 17 tot 21 Augustus opgelei en in hul onderskeie streke ontplooi is.

Toesighouers in alle kiesafdelings word vanaf 5 tot 9 September opgelei, voordat registrasiebeamptes vanaf 11 tot 15 September opgelei word. Kiesersregistrasie duur vanaf 17 tot 30 September.

ECN-beamptes in die Oshana-streek het belanghebbendes in die streek verlede week ontmoet om inligting oor te dra en onduidelikhede uit die weg te ruim. Die byeenkoms wat in die jeugsentrum op Oshakati plaasgevind het, is deur streekraad- en dorpsraadlede, polisie- en weermagbeamptes, verteenwoordigers van Swapo, die RDP, CoD en die APP, tradisionele en gemeenskapleiers, werkersunies, onderwysbeamptes en verteenwoordigers van nie-regeringsorganisasies bygewoon.

Me. Ndilimeke Mavulu, die ECN se koördineerder in die streek, het die ECNspan in die streek voorgestel, hul verantwoordelikhede verduidelik en inligting voorsien oor die kiesersregistrasieproses asook as waar registrasiepunte sal wees.

Die ECN-span in die Oshana-streek bestaan uit ‘n koördineerder, twee assistent-koördineerders, ‘n logistiekbeampte, tien kiesafdelingtoesighouers (een in elke kiesafdeling) en 369 registrasiebeamptes.

“Ons sal in beheer wees van die aanvullende registrasie van kiesers wat tot die Presidents- en Nasionale Vergadering-verkiesings sal lei,” het me. Mavulu gesê.

Sy het dit duidelik gestel dat haar span onpartydig sal optree en alle kwalifiserende kiesers sal registreer. Registrasiepunte in die Oshana-streek het vanjaar van die 158 in 2004 tot 186 vermeerder.

“Die moontlikheid dat nog registrasiepunte geïdentifiseer sal word, is nie uitgesluit nie,” het me. Mavulu gesê.

Verteenwoordigers van politieke partye het hul ontevredenheid oor ‘n verskeidenheid kwessies geopper en me. Mavulu het belowe om die klagtes aan haar hoofkantoor in Windhoek oor te dra.

Swapo was ontevrede oor registrasiebeamptes wat “onnodige” en selfs “intimiderende vrae” vra. Die RDP, APP en die CoD het onder meer kommer uitgespreek oor “partydige” streekraadslede wat toegelaat word om kiesersregistrasiepunte en -tye aan te kondig.

“Ons weet streekraadslede is veronderstel om alle inwoners van hul onderskeie kiesafdelings te verteenwoordig, maar die praktyk bewys die teenoorgestelde.

“Hulle beskou hulleself meer as verteenwoordigers van hul party. Dit sal daarom nie reg wees om hulle toe te laat om voortaan namens die ECN aankondigings te doen nie,” was die eenparige mening van mnre. Rheinhold Nauyoma (APP), Andrew Nangolo (CoD) en Nikanor Ndjoze (RDP).

Die verkiesing vir lede vir die Nasionale Vergadering en president vind op 27 en 28 November plaas.