Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


7 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.07.2009

Kokaïensaak weer uitgestel vir verhoor

VERLEDE jaar is vyf mans met altesaam vier kilogram kokaïen met ’n straatwaarde van meer as N$2 miljoen in hul besit gevang.

Dié mans, mnre. Pieter Fox (51), Joachim Grothkopf (50), sy seun Henry Grothkopf (23), Wessel de Jager (23) en Andries Albrightsen (23) is almal tans uit op borgtog en na ’n aantal verskynings in die Windhoekse landdroshof is die saak na die Katurura streekshof verskuif.

Die vyf beskuldigdes se eerste verskyning in die streekshof was Vrydag en die saak is vir pleit-en verhoordoeleindes tot 14 Augustus vanjaar uitgestel.

Met die voorlopige pleitverhore het al vyf mans onskuldig gepleit op die klagte teen hulle.

Die sake van die vyf mans gaan gesamentlik verhoor word en die borgtog van elke beskuldigde is op dieselfde voorwaardes as voorheen verleng.