24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.02.2010

Koalisie takel misdaad

© Republikein
Christophine “Kitto” Paulus
Kandidaat:
 
Christophine “Kitto” Paulus
Geboortedatum:
 
24 Julie 1973
Geboorteplek:
 
Windhoek. “Ons het baie gereis,” vertel me. Paulus. Sy het in die hoofstad, op Grootfontein en Uis grootgeword. Inwoner van Okahandja sedert 1993.
Beroep:
 
Hofklerk.
Politici in familie:
 
Me. Paulus se ma kom van Ohalushu in die Ohangwena-streek, tuiste van verskeie stigterslede van Swapo soos Simon “Mzee” Kaukungua.
Prioriteite vir die streek:
 
Misdaad hol volgens me. Paulus weg met Okahandja en die hele Otjozondjupa.

“Veediefstal is soos melk en pap vir mense,” sê sy. “Ons kan net hierdie euwels saam beveg.” Me. Paulus staan strenger gemeenskapspolisiëring voor.

“Boere, oumense en die res van ons verdien nie om in vrees te lewe nie. Laat ons die streek skoonmaak van misdaad.”
Planne vir Okahandja:
 
“Ek wil vir die Here dankie sê dat hy die oë en ore van die mense van Okahandja oopgemaak het,” sê me. Paulus – vir Swapo se misbruike, die saai van verdeeldheid in eie geledere en die hardvogtige weiering van samewerking met enige opposisie, wat ook ’n bydrae kan lewer.

Die verhouding met die gemeenskap moet volgens haar dringend herstel word.

Me. Paulus verwerp aantygings dat sy die dorp die afgrond in help bestuur het. Sy verwys as deel van haar getuigskrif na Vyfrandkamp se skool en dagsorgsentrum, verbeterde dienslewering aan informele nedersettings en die opknapping van die dorp se ouetehuis.

“Die behoeftes is baie,” benadruk me. Paulus. “Dit is nodig om te prioritiseer.”

Sy wil binne agt maande minstens drie bekostigbare preprimêre skole open, samewerking met boere en gesondheidsdienste verbeter en aandag aan werkloosheid skenk deur ’n tegniese skool te bou en studiebeurse aan akademies begaafde kinders toe te ken.

“Die hospitaal kan nie net Panado vir elke kwaal uitdeel nie,” kla me. Paulus.

“Ons moet ook die plaasboere help. Mense kla as hulle werkers uitsit, maar luister ons ooit na die redes en help ons hulle om meer tot ontwikkeling by te dra?”

Die polisie se reaksietyd op Okahandja kan volgens me. Paulus drasties verbeter, byvoorbeeld deur besighede met ’n alarmstelsel met die polisiestasie op die dorp te verbind.