24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.10.2009

Kiesregistrasie ’n rekord


Mnr. Moses Ndjarakana
ALTESAAM 290 600 kiesers is tydens die bykomende registrasieveldtog deur die Verkiesingskommissie geregistreer wat ’n rekordaantal potensiële kiesers is wat met ’n aanvullende registrasie geregistreer is.

Dit is aansienlik meer as die 82 321 wat in die 2004 bykomende registrasieveldtog geregistreer is.

“Dit is ’n buitengewone rekordtoename deur die bank. Dit sluit nie Namibiërs in die buiteland in wat by ambassades en hoë kommissariate geregistreer het nie. Dié syfers is nog nie ontvang nie,” sê die direkteur van verkiesings, mnr. Moses Ndjarakana, in ’n verklaring.

Volgens hom kan die toename toegeskryf word aan die Verkiesingskommmissie (ECN) se verbintenis tot harde werk en die bronne wat beskikbaar gestel is vir sowel kiesersopleiding en die bykomende registrasieproses.

“Ondanks onlangse kritiek en vertwyfeling, het baie Namibiërs na registrasiepunte gestroom om te registreer en was in staat om hul kieskaarte te kry.

“Deel van die welslae word toegeskryf aan verbeterde vennootskappe tussen die ECN, media-instansies, die Regering, burgerlike organisasies en politieke partye wat ons kiesersopleidingveldtog ondersteun het of hul eie kiesersopleiding gedoen het om mense te motiveer om te gaan registreer.

“Hierdie indrukwekkende syfers is ’n duidelike aanduiding van die toename in belangstelling en entoesiasme vir vanjaar se verkiesings, in teenstelling met kieser-apatie wat verkeerdelik in sommige media gerapporteer is.

“Ons inligtingveldtog het gehelp om mense bewus te maak van die verkiesings en hulle ’n beter begrip te gee van verkiesings as maatstaf van demokratiese deelname,” sê mnr. Ndjarakana.

In Caprivi het 12 574 nuwe kiesers vanjaar geregistreer teenoor die 3 997 van 2004; in Erongo het 18 257 geregisteer teenoor die 6 327 van 2004; in Hardap het 8 794 geregistreer teenoor die 2,475 van 2004; in Karas 13,101 teenoor die 3 236 van 2004; in Kavango 23 971 teenoor die 12 638 van 2004; in Khomas 52 078 teenoor die 5,131 van 2004; in Kunene 15,764 teenoor die 4 793 van 2004; in Ohangwena 31 643 teenoor die 11 118 van 2004; in Omaheke 13 326 teenoor die 3 916 van 2004; in Omusati 32 657 teenoor die 12 414 van 2004; in Oshana 28 255 teenoor die 8 204 van 2004; in Oshikoto 23 642 teenoor die 3 082 van 2004 en in Otjozondjupa 16 538 teenoor die 4 990 van 2004.

Die meeste nuwe kiesers is in die Khomas-streek geregistreer gevolg deur Omusati en Ohangwena.

In 2004 is altesaam 978 036 Namibiërs as kiesers geregistreer. Aanvanklike aanduidings is dat daar vanjaar meer as 1 300 500 stemgeregtigde Namibiërs is.

Die ECN doen ’n beroep op Namibiërs om in groot getalle by stempunte op te daag om in November te gaan stem.

“Namibiërs moet waak teen diegene wat die verkiesingsproses verdag wil maak en nie wil sien dat Namibië as een van die voorste demokrasieë in Afrika na vore tree nie.

“Ons moet verdraagsaamheid aan die dag lê en al die burgers omhels van ’n land vir wie die wêreld bewonder sedert ons in 1989 vir die eerste keer bemagtig is om te stem deur die verkiesings waaroor die Verenigde Nasies toesig gehou het.

“Sedertdien was ons in staat om ons eie verkiesings op die mees geloofwaardige manier te hou. Daar sal altyd uitdagings wees, maar die nasie maak voortdurende vordering na die perfekte kiesstelsel,” lui die verklaring van mnr. Ndjarakana.

Intussen het mnr. Theo Mujoro van die ECN ontken dat groot getalle mense ontkieser is weens grootskaalse verwarring en onbevoegdheid.

“Ek dink nie so nie. Dit is maar net politieke praatjies,” het hy opgemerk oor klagtes dat verskeie mense weggewys is omdat hul dokumente nie in orde was om ook vir aanstaande jaar se munisipale verkiesings te registreer nie.

Die hoeveelheid mense wat wel geregistreer het, dien volgens mnr. Mujoro as bewys dat die proses uiters suksesvol was.